Sunak plaas verbod op Russiese diamante
Brittanje se eerste minister, Rishi Sunak, het ‘n verbod aangekondig op die invoer van diamante, koper, aluminium en nikkel van Russiese oorsprong. Die G7-lande met groot ekonomieë sal verdere sanksies en uitvoerbeheer teen Moskou bekend maak oor sy oorlog in Oekraïne. In 2021 was die Russiese diamantbedryf se uitvoere 77,25 miljard Namibiese dollar werd. Die Britse regering het ook nog 86 individue en maatskappye wat met President Vladimir Putin verbind word, in sy visier. Sunak sê die Verenigde Koninkryk moet dit duidelik maak dat geweld en dwang nie beloon word nie.