Vier kinders, twee weke na vliegtuig-ongeluk, lewend in Colombia gevind

Vier kinders van ‘n gemeenskap in Colombia is lewendig gevind in die Caqueta-provinsie, langer as twee weke nadat ‘n vliegtuig waarin hulle gereis het in ‘n oerwoud neergestort het. President Gustavo Petro sê die vlieënier van die Cessna 206-vliegtuig met sewe mense aan boord het ‘n noodsein uitgereik weens enjin-probleme. Die vlieënier en twee ander volwassenes is op slag dood. Die kinders, onderskeidelik 13, nege, vier en elf-maande oud, het oorleef. Petro sê voorlopige inligting dui aan die kinders het in die reënwoud ingegaan om hulp te soek.