O&L ontwikkel sonkrag-park van N$350m in Duitsland

O&L Nexentury, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, is ‘n water-bestuurspermit van die administrasiekantoor van Karlsruhe, Duitsland, toegestaan. Dit is vir die konstruksie en bedryf die grootste drywende sonkrag-park in Duitsland. Die sonkrag-park sal gebou word op die gruismeer van sand deur die gruiswerk-maatskappy, Philipp en Company, in Bad Schönborn. O&L Europa, en Phillip en Company, is die mede-beleggers van die sonkrag-projek met ‘n totale beleggingswaarde van sowat 350 miljoen Namibiese dollar. Die konstruksie van die sonkrag-park sal in die derde kwartaal begin en teen die einde van vanjaar in werking sal wees. Sven Thieme, voorsitter van die O&L-groep, het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…