Afrika-lande stel 67% minder mense tereg

Afrika-lande Suid van die Sahara het ‘n daling van 67 persent in teregstellings van 2021 tot 2022 aangeteken met 33 in 2021 en 11 in 2022. Volgens Amnesty International het Suid-Sudan vyf mense tereggestel vanaf nege in 2021 en in Somalië is ses teregstellings verlede jaar uitgevoer teenoor 21 twee jaar gelede. Botswana het geen teregstellings gehad nie. Twee Afrika-lande het ‘n toename aangeteken met Kenia wat van 14 in 2021 tot 79 in 2022 opgeskuif het, en Nigerië van 56 tot 77.