Italië kanselleer Imola Grand Prix
Die Formule Een-gemeenskap het hulde gebring aan nooddienste se werk na reusevloede in die Emilia Romagna-streek in Italië, wat gelei het tot die besluit om hierdie naweek se Grand Prix op Imola te kanselleer. Die sport sê dis onmoontlik om die wedren veilig aan te bied en dit sou verkeerd wees om verdere druk op plaaslike owerhede en nooddienste te plaas. Die baan is Dinsdag ontruim as gevolg van moontlike oorstromings van die Santerno-rivier, wat langs die Imola-renbaan vloei.