Otji kondig eerste van rits tariefverhogings in die land aan

Die eerste tariefverhogings, soos verwag, is aangekondig. Inwoners van Otjiwarongo se tariewe en erfbelasting sal met 3 persent styg, rommelverwydering met 7 persent, water met 8 persent, riooldienste met 6 persent en begraafplaasdienste met 2 persent. Die verhogings tree op 1 Julie vanjaar in werking. NamPower is ‘n 8,97 persent verhoging toegestaan maar, dit is nog nie bekend wat die lynminister, Erastus Uutoni oor NamWater se tariewe besluit het nie. Die watervoorsiener se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle wel ‘n voorstel ingedien het maar wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Beide NamWater en NamPower sukkel en ekonome het reeds dubbelsyfer-verhogings vir inwoners se munisipale rekenings voorspel. Stad Windhoek konsulteer op die oomblik rakende sy tariewe en begroting. Plaaslike owerhede maak staat op inwoners en besighede, wat onder toenemende druk verkeer, se betalings van tariewe vir fondse om die owerheid te bedryf.