Koolstof, El Niño sal temperatuur oor 5 jaar skerp opstoot
Nuwe navorsing van die Wêreld Meteorologiese Organisasie toon daar is nou ‘n kans van 66 persent dat die wêreld die aardverwarmingsdrempel van 1,5 grade Celsius tussen nou en 2027 sal oorsteek. Lande het onderneem om volgens die 2015 Parys-klimaatsooreenkoms te probeer om globale temperature nie hoër as 1,5 grade bo pre-industriële vlakke te laat styg nie. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Petteri Taalas, sê daar is twee belangrike faktore betrokke. Die eerste een is die voortgaande hoë koolstofvrystellings weens menslike aktiwiteite en tweedens ‘n verwagte El Niño-verskynsel.