Wêreld-hoëbloeddruk-dag vandag herdenk

Namibië en sy buurland Suid-Afrika herdenk vandag Wêreld-hoë-bloeddrukdag en vestig die aandag op toenemende kommer oor hoë bloeddruk. Onlangse statistieke toon meer jong mense word met hierdie toestand gediagnoseer. Volgens ‘n spesialis, Angela Murphy, bestaan ‘n groter risiko onder jonger mense weens lewenstylveranderings. Murphy het die belangrikheid van vroeë opsporing beklemtoon, aangesien hoë bloeddruk ‘n stille moordenaar is. Sy sê Suid-Afrikaners moet hul bloeddruk laat toets en gesond leef.