Britte moet nog so bietjie wag

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het bevestig dat die beoogde opheffing van alle Covid-19-inperkings in Engeland wat vir 21 Junie beplan was, met vier weke uitgestel word. Dit word gedoen sodat meer mense teen die korona-virus ingeënt kan word en hul tweede dosis entstof kan ontvang te midde van die styging in gevalle van Covid-19 se Delta-variant. Johnson sê die uitstel van die vierde stap in die opskorting van die inperking in Engeland sal lewens red: