Voertuigspore berokken reuse-skade aan biodiversiteit
Die Namibiese omgewingsministerie veroordeel ten sterkste die roekelose bestuur in sensitiewe gebiede in Namibiese nasionale parke. Voertuigspore berokken reuse-skade aan woestyngebiede in nasionale parke. Op sosiale media is foto’s geplaas van sirkels van motorfiets-spore en volgens die ministerie het die voorval plaasgevind by Sossusvlei waar die foto’s deur ‘n vlieënier geneem is. Kosmos 94.1 Nuus het aan omgewingskundige Rod Brady gevra hoe erg die skade van voertuigspore aan die omgewing en biodiversiteit is.
Hy sê dit is baie moeilik om die skade te rehabiliteer.