Suid-Afrika gaan goudsindikaat-mafia ondersoek
Die Suid-Afrikaanse regering het met ʼn ondersoek begin nadat Al Jazeera se Ondersoek-eenheid verskeie persone betrek het by ʼn sindikaat wat goud smokkel en geld was. President Cyril Ramaphosa het die parlement meegedeel die ondersoek is in die onderhoud-stadium. Al Jazeera het in ‘n vierledige reeks onthul ‘n groep geldwassers en goudsmokkelaars het verskeie Suid-Afrikaanse banke oorgeneem deur sleutel-personeellede om te koop. Hulle het na bewering toegelaat dat groot bedrae geld oorsee gestuur word sonder dat die owerhede snuf in die neus kry.