NS-polisie ondersoek brand by hostel as moordsaak
Die polisie in Nieu-Seeland sê Dinsdag se brand by ‘n hostel in die hoofstad, Wellington, word as ‘n saak van moord ondersoek. Minstens ses mense is in die brand in die Loafers Lodge dood en tot 20 mense word nog vermis. Die dodetal kon weens die skade aan die vier verdieping gebou, nog nie bevestig word nie. Die polisie sê egter dit lyk of die brand doelbewus gestig is. Die 92-slaapkamper-hostel het onder meer konstruksiewerkers en hospitaalpersoneel gehuisves, sowel as mense wat tot gemeenskapsdiens gevonnis is vir geringe misdade.