Natis op Ondangwa haal agterstand van leerlinglisensies in
Die Paaie-owerheid het leerlinglisensie-besprekings by hul Natis-kantoor op Ondangwa tydelik opgeskort. Korporatiewe kommunikasiebeampte Constance Mwilima sê dat dit gedoen word om die huidige agterstand aan te spreek. Dit tree onmiddellik in werking en sal tot Vrydag 26 Mei duur. Sy sê gedurende die tydperk sal die kantoor voortgaan met leerlinglisensie-toetse vir diegene met bestaande besprekings. Besprekings van leerlinglisensie-dienste sal op Maandag 29 Mei hervat en aansoekers ,pet in die toekoms persoonlik besprekings maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, gepraat wat meer verduidelik oor die agterstand.