Loteryraad gaan prokureurs oor lootjie-projek raadpleeg
Die voorsitter van die Loteryraad in die Namibiese omgewingsministerie Michael Mutonga het in ‘n media verklaring weer beklemtoon dat die sogenaamde Multi-million Online Real Estate Lottery, die Namibia Property Raffle-projek van Basil Smit nie deur hom goedgekeur is nie en dus ‘n onwettige lootjie is. Die program behels Amani Lodge en Burgs View Boutique Hotel wat blykbaar 29 miljoen Namibiese dollar werd is en met ‘n lootjietrekking gewen kan word. Kosmos 94.1 Nuus probeer deurlopend vir Smit in Suid-Afrika bereik vir kommentaar, maar sy telefoon bly onbeantwoord. Mutungo sê hulle raadpleeg hul regsverteenwoordigers om stappe te neem soos deur die nodige wetgewing bepaal.