Gaan Namibië se rentekoers in SA voetspore volg?
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die verwagte rentekoers-verhoging van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wanneer sy Monetêre Beleidskomitee op 25 Mei vergader. In Maart het die bank die mark verras toe hy die koers met 50 basispunte verhoog het, ‘n toename in die repokoers tot 7,75 persent en die prima uitleenkoers tot ‘n 14-jaar hoogtepunt van 11,25 persent. Sou die Suid-Afrikaanse sentrale bank weer rentekoerse opstoot, al is dit net met 25 basispunte, sal Namibië dan 75 basispunte agter die buurland wees. Die Bank van Namibië se repokoers is tans op 7,25 persent met die volgende aankondiging wat op 14 Junie verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom, Robert McGregor gepraat oor of Namibië by die Suid-Afrikaanse repokoers sal aanpas…