Man val sy vriend met byl aan
‘n Man sal vandeesweek in die Tsumkwe rondgaande hof verskyn nadat hy sy vriend by Mangetti-duin in die Tsumkwe-kiesafdeling met ‘n byl aangeval het. Die 20-jarige slagoffer is in die Mangetti-gesondheidsentrum opgeneem en sal na die Grootfontein-staatshospitaal oorgeplaas word. Die 26-jarige verdagte sal op ‘n klag van poging tot moord verskyn nadat hy sy vriend drie keer met ‘n byl op die kop gekap het. Die twee mans is van die nedersetting Ruhepo aan die buitewyke van Mangetti-duin. Die polisie het beslag op die byl gelê en die ondersoek duur voort.