Gevegte duur voort in Sudan
‘n Sudannese dokters-vakbond sê die burgerlike dodetal weens die voortslepende gevegte tussen die weermag en die paramilitêre groep, die RSF, het tot 822 gestyg. Volgens die vakbond is meer as 3 200 burgerlikes in die gevegte gewond. Die konflik, wat op 15 April uitgebreek het, het vererger ondanks samesprekings oor ‘n skietstaking in die Saoedi-Arabiese stad Jeddah. Volgens die vakbond is daar die afgelope twee dae 280 sterftes en meer as 160 beserings in die stad El-Geneina in die Wes-Darfoer-staat aangemeld.