Vrou word wakker in KZN-lykshuis
Die DA in KwaZulu-Natal eis antwoorde by die LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, nadat ‘n vrou van Phoenix, Constantia Junior Govender, in ‘n lykshuis se yskas in die Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal in Durban wakker geword het. Die provinsiale gesondheidsdepartement ondersoek die voorval. Die DA-lid, Edwin Baptie, let op die ooreenkoms met ‘n voorval in 2016 toe ‘n motorfietsongeluk-pasiënt lewend gevind is in dieselfde hospitaal se lykshuis, en ure later tragies gesterf het.