Madisia en haar broer word op 13 Junie gevonnis
Regter Christie Liebenberg het vandag in die Windhoekse hoërhof aangekondig dat vonnisoplegging in die Shannon Wasserfalll-saak op 13 Junie sal plaasvind. Die moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu is Dinsdag onskuldig bevind op die klag van moord van Wasserfall, maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. Die 22-jarige Wasserfall is op 10 April 2020 in Walvisbaai as vermis aangemeld en haar oorskot is op 6 Oktober 2020 gevind waar dit in die duine begrawe is. Madisia en Mulundu is daarna vir Wasserfall se moord gearresteer.