Stad Windhoek tref reëlings met NamPower oor skuld

Stad Windhoek het sy reaksie gegee op sy skuld van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar aan NamPower. Die maatskappy sê verskeie plaaslike owerhede en kragverspreiders skuld hom 1,5 miljard Namibiese dollar. Van die totaal is die grootste debiteur Nored, die noordelike kragverspreider wat 23 persent van die skuld dra, gevolg deur Rehoboth met 10 persent, Windhoek met 9 persent en ErongoRed met 5,6 persent. Stad Windhoek se korporatiewe kommunikasiebestuurder, Harold Akwenye, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê reëlings is met NamPower getref en inwoners het niks om oor bekommerd te wees nie…