Gordhan distansieer hom van BLSA se Eskom-ondersoek  

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het hom gedistansieer van berigte dat Business Leadership South Africa ‘n korrupsie-ondersoek deur die privaat ondersoeker, George Fivaz, befonds het wat deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, aangevra is. Die minister verskyn voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge om De Ruyter se onthullings oor korrupsie by die kragvoorsiener te bespreek. Gordhan sê hy sal niemand slegsê sonder geloofwaardige feite nie.