Sarkozy moet ‘n elektroniese armband dra  

Die oudpresident van Frankryk Nicolas Sarkozy gaan vir ‘n jaar lank ‘n elektroniese armband moet dra sodat paroolbeamptes hom kan monitor. Dit volg nadat Sarkozy sy appèlsaak in die Appèlhof in Parys, verloor het. Hy is in 2021 skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en dat hy sy invloed misbruik het. Hy is vir drie jaar tronk toe gestuur, waarteen Sarkozy geappelleer het. Die Appèlhof het twee jaar van sy drie jaar tronkstraf opgeskort, maar hy moet vir die oorblywende jaar deur die tronk-owerhede gemonitor word.