DA bekommerd oor werkloosheidskoers in Noord-Kaap
Die DA in die Noord-Kaap neem kennis van die effense verbetering in die provinsiale uitgebreide werkloosheidskoers. Die party sê egter hy kan nie die koers vier wat tussen verlede jaar en vanjaar met minder as twee persent gedaal het en nou op 42,6 persent staan nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Fawzia Rhoda, sê dit is een van die hoogste vlakke in die land en is nie iets om te vier nie, maar eerder iets om oor bekommerd te wees en daaroor te besin.