Keetmanshoop-inwoners ruk op oor swak dienslewering

Inwoners van Keetmanshoop wat hulself lede van die Landless Peoples’ Movement noem, het vandag na die Keetmanshoop-stedelike kiesafdeling opgeruk om teen beweerde swak dienslewering te betoog. Dieselfde groep het verlede week ook ‘n betoging by die kiesafdeling gehad om hul ontevredenheid uit te spreek, maar die kiesafdeling se raadslid Joseph Isaack wou nie na hul griewe luister nie. Die groep wil ‘n petisie met hul griewe oorhandig. ’n Ander groep, wat hulself ook lede van die LPM noem en geklee is in party-klere, is ook by die kiesafdelingskantoor. Hulle sê egter hulle ondersteun nie die betoging nie.