Gordhan: Politieke veldtog alleen sal nie korrupsie uitwis

Die minister van openbare ondernemings in die buurland, Pravin Gordhan, erken die bestaan van korrupsie binne instellings soos Eskom. Hy beklemtoon korrupsie is nog altyd ʼn probleem, met sommige sake wat reeds aandag gekry het en ander wat wag. Gordhan sê ʼn politieke veldtog alleen sal nie korrupsie uitroei nie en versoek ‘n omvattende ontleding om die oorsprong daarvan in Eskom se verkrygingsprosesse op te spoor. Gordhan het aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge gesê die gewese hoof, André de Ruyter, moes bewerings van ongerymdhede by die Valke aangemeld het.