Koen brei Springbok-vroue se leierskap uit

Die Springbok-vrouespan se tussentydse hoofafrigter, Louis Koen, het Chumisa Qawe as kaptein aangewys om die span te lei in die Rugby Afrika-bekertoernooi vir Vroue in Madagaskar. Sy neem oor by haar Westelike Provinsie-spanmaat, Nolusindiso Booi, wat die reis weens ‘n besering sal misloop. Suid-Afrika speel oor die volgende twee weke teen Kameroen, Kenia en Madagaskar. Die span vertrek môre. Koen sê Tayla Kinsey en Lusanda Dumke is as onderkapteins vir die toer aangewys: