Groter druk op bevrydingspartye na drie dekades – kenner
Met die viering van die stigterspresident, Sam Nujoma, se 94ste verjaardag, word mens daaraan herinner hoe magtig hy steeds in Swapo-geledere is. Dit is ook ‘n baie duidelike prentjie dat daar probleme binne die Swapo-party is wat ‘n magstryd betref. Die algemene verkiesing van 2024 kom vinnig nader en hierdie binne-gevegte in Swapo kan die party net sowel die gewildheid kos wat hulle geniet het sedert die bewindsoorname in 1990. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke kenner in die Namibiese politiek, gesels oor wat die party moet doen om vernedering in 2024 te vermy.
Hy het gesê die uitdaging is om brûe te bou.