TLU het steeds kommer oor Cosatu se kommentaar oor boere

Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het sy teleurstelling uitgespreek oor die Menseregtekommissie se bevinding. Die kommissie het bevind Cosatu se opmerkings dat boere moordenaars en verkragters is, maak net hulle gevoelens seer en is nie ‘n menseregteoortreding nie. Die organisasie wou hê Cosatu moet die land se boere in die openbaar verskoning vra en 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal aan slagoffers van plaasaanvalle. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê sulke verklarings wek haat en bedreig boere se veiligheid.