Fietsryers, voetgangers moet aandag kry op paaie

Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa sê dorpsbeplanners en ingenieurs moet voorsiening maak vir voetgangers en fietsryers wanneer paaie ontwerp word. Sy aanmerkings kom met die VN se Wêreldwye Padveiligheidsweek wat tot 21 Mei duur en plaaslik ook gevier word. Afrika het veral uitdagings met die kwesbare padgebruikers en op die vasteland is 44 persent van alle padgebruikers of op fietse of is te voet. Veral rondom skole het die kwessie in die verlede aandag geniet en volgens die hoof van die Namibiese Padveiligheidsforum Horst Heimstädt is tot 40 persent van alle beserings en sterftes tydens padongelukke voetgangers. Mutorwa sê meer beleggings moet in die veiligheid van die kwesbare padgebruikers gedoen word.