Hofuitspraak: Daar’s hoop vir Delgado & Lühl

Guillermo Delgado het gereageer op die beslissing van die hooggeregshof wat die regering opdrag gegee het om twee huwelike van dieselfde geslag te erken, en so ook, een egpaar se minderjarige seun as hul afhanklike. Delgado en sy man Phillip Lühl, sukkel self om erkenning, en ook so vir hulle drie kinders wat deur surrogaatskap gebore is. Delgado sê dit maak nuwe aansoeke moontlik.