BLSA wil weet oor wapenverkope aan Rusland
Business Leadership South Africa het ‘n beroep op die regering gedoen om duidelik standpunt in te neem oor wapenhandel met Rusland, soos ander lande soos China gedoen het. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het Suid-Afrika verlede week daarvan beskuldig dat hy Rusland van wapens en ammunisie vir die Oekraïne-oorlog voorsien het. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê daar moet nou daadwerklike pogings aangewend word om positiewe betrekkinge met die VSA te herstel, aangesien die land nie kan bekostig om so ‘n belangrike handelsvennoot te verloor nie.