Hooggeregshof bevind vir dieselfde-geslag huwelike

Die hooggeregshof het die Namibiese regering opdrag gegee om die huwelike tussen Matsobane Digashu en Johann Potgieter plaaslik te erken en dat hul kind, net bekend as L, erken word as hul afhanklike. So ook het die hof beslis in verband met die huwelik van Anita Seiler-Lilles en haar vrou Anette Seile. Regters Peter Shivute, Petrus Damaseb, Sylvester Mainga, Dave Smuts en Elton Hoff was op die bank. Mainga het verskil van die bevinding van die ander regters. Bekende geslagsaktivis Linda Baumann sê dit is ‘n geskiedkundige dag.

Sy voeg by dat dit die pad baan vir Phillip Lühl en Guillermo Delgado.