Britse ouers steel babamelk, dis eenvoudig te duur

Sky News in Brittanje berig dat die diefstal van babamelk toenemend regoor die land voorkom. Volgens die berigte het talle ouers eenvoudig nie die geld om babamelk, wat skerp gestyg het, te kan bekostig nie. Die nuus kom terwyl die land in ‘n lewenskoste-krisis verkeer. Nuwe data van First Steps Nutrition in die land toon dat die koste van die goedkoopste handelsmerk babamelk die afgelope twee jaar met 45 persent gestyg het. Sky se nasionale korrespondent Tom Parmenter het ondersoek ingestel.