Landbou reageer op olifantsyfers

‘n Boer in die Noordweste wat gebukkend gaan onder mens-olifant-konflik sê daar is te veel olifante in Namibië. Namibië se olifantbevolking groei met 5,36 persent elke jaar met ‘n totale bevolking van 24 000 diere. Die groter meerderheid van die diere kom in die noordoostelike gebiede voor met ‘n beraamde 4 000 diere wat in Etosha en die suid-westelike gebiede buite die park rond beweeg. Piet Gouws, wat in die Kamanjab-distrik boer het sy reaksie op die syfers aan Kosmos 94.1 Nuus gedeel.