NamRA oorskat dalk die sukses van maatskappye

Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging het sy reaksie gegee op die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gaan ‘n ondersoekspan op 1 Julie stig om belasting-ontduikers vas te vat. NamRA sê sekere besighede het ‘n nul-belasting-opgawe verklaar terwyl hulle egter steeds ‘n wins toon en multi-miljoen-dollar tenders van die regering kry. Tim Parkhouse sê NamRA moet nie die feit onderskat hoe swaar maatskappye kry nie.