B2Gold se Otjikoto-myn het meer goud geproduseer
Die Kanadese goud-maatskappy B2Gold se Otjikoto-myn wat tans ‘n sluiting in fases ondergaan weens uitgeputte hulpbronne, het in die eerste kwartaal van 2023 38 491 onse goud geproduseer, ‘n toename vanaf 35 061 wat die vorige jaar geproduseer is. Die Otjikoto-myn sal na verwagting tussen 190 000 en 210 000 onse goud in 2023 lewer teen ‘n kontant-bedryfskoste van tussen 590 en 650 Amerikaanse dollar per ons en alle onderhoudende koste van tussen 1 080 en 1 140 dollar per ons. Kapitaalbesteding vir die Otjikoto-myn het in die eerste kwartaal van vanjaar 331 miljoen Namibiese dollar beloop.