Tucna verwelkom aanstelling van Tegniese Advieskomitee oor Fima

Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, is as een van die lede van die Tegniese Advieskomitee oor hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, ingehuldig. Die komitee word gelei deur dr. Manfred Zamuee en sal openbare konsultasies met die publiek voer oor die omstrede wet. Tucna is een van die instellings wat deel is van die tegniese komitee. Die sekretaris-generaal van Tucna, Mahongora Kavihuha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die wet moet teruggaan parlement toe.

Hy gesê dit moet as voorbeeld vir ander ministeries dien.