Uitspraak oor selfdegeslaghuwelike môre in hooggeregshof
Die hooggeregshof van Namibië sal môreoggend om tien-uur sy uitspraak lewer oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike in die buiteland, waarby ‘n Namibiese vrou betrokke is. Die hoërhof het die aansoek van Anita Seiler-Lilles om haar selfdegeslaghuwelik plaaslik te erken, verlede jaar van die hand gewys. Maar regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming Chase het ‘n beroep op die aansoekers gedoen om die hooggeregshof te nader om daardie beslissing te hersien, omdat dit tyd is dat Namibië gay huwelike erken. Die direkteur van die Regshulpsentrum van Namibië, Toni Hancox, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê wat sy van die uitspraak verwag.