DA vaar uit oor Karpowership

Die DA beskuldig die ANC-regering daarvan dat hulle beurtkrag as ‘n verskoning gebruik om ‘n kontrak van 20 jaar met die Turkse maatskappy, Karpowership, te sluit, wat bykomende krag aan die netwerk moet verskaf. Die DA-parlementslid Kevin Mileham sê die kontrak is ’n bedrogspul om miljarde rande uit Suid-Afrikaners te swendel. Hy sê die kragkontrak kan nie onder noodverkryging geklassifiseer word nie. Mileham sê ook die DA het die ANC in kennis gestel hy beplan om die kontrak van 20 jaar te betwis.