Thailand stem oorweldigend regs

Thailand se opposisiepartye het verreweg die grootste aantal stemme in die nasionale verkiesing gekry. Kiesers het hulle afkeur van die militêr-gesteunde regering wat sedert die staatsgreep in 2014 regeer, duidelik te kenne gegee. ‘n Berekening deur Reuters toon die Move Forward Party en die Pheu Thai Party gaan meer as drie keer soveel setels kry as die United Thai Nation Party, wat deur die weermag ondersteun word. Die twee opposisiepartye sal na verwagting ‘n koalisie vorm. Die eerste minister, Prayuth Chan-ocha, het die staatsgreep in 2014 gelei en wil nog ‘n termyn aan bewind bly.