Mswati loop deur onder kritiek oor onderwys-aktivis
Die Kommunistiese Party van Swaziland sê die leier van die Swaziland National Association of Teachers, Mbongwa Dlamini, bly as gevolg van sy vakbondwerk een van die hoofteikens van die regime. Die party sê die Mswati-outokrasie het ou verkeersaanklagtes teen Dlamini laat herleef omdat hy ‘n vakbondvergadering in Februarie 2019 gereël het. Pius Velakazi van die CPS sê Swaziland bly ‘n absolute monargie, en is die enigste sodanige stelsel wat nog op die Afrika-vasteland bestaan: