Italiaanse Ope: Novak deur na laaste 16

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, is deur na die laaste 16 van die Italiaanse Ope. Die Serwiër het sy titel verdedig met ‘n welverdiende oorwinning van 6-3, 4-6 en 6-1 oor die 26ste gekeurde Bulgaar, Grigor Dimitrov. Hy kom nou teen die Britse nommer een, Cameron Norrie, te staan, wat die Hongaar, Marton Fucsovics, in skoon stelle verslaan het. Djokovic sê nadat hy van sy gesukkel in die tweede stel herstel het, het hy geweet hy kan die derde stel inpalm en die wedstryd wen: