Ramaphosa se ondersoek oor wapens geniet voorrang
Die spesiale adviseur oor Nasionale Sekerheid in die buurland, Sydney Mufamadi, sê President Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n regter aan te stel om Amerika se aanspraak, dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het, te ondersoek, het voorrang en is van kritieke belang. Mufamadi, wat Ramaphosa se spesiale gesant was, het ‘n afvaardiging na die VSA gelei oor ‘n resolusie van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en ander kwessies. Hy sê Ramaphosa moet optree op grond van raad wat berus op korrekte inligting en feite, en die ondersoek sal hom daardie perspektief gee.