Rugby: Wanderers klop Grootfontein op sy tuisveld

Rugby: In die Namibiese Rugby-unie se premierliga het FNB Grootfontein op hul tuisveld naelskraaps teen FNB Wanderers verloor met die telling op 25-23. Op Walvisbaai het die  FNB Kudus vir FNB Western Suburbs met 41-10 verransel en op Rehoboth het FNB Rehoboth vir FNB Reho Falcon met 34-31 geklop. In die buurland het die Bulle die Griekwas in Kimberley met 40-20 geklop en hul vae hoop op ‘n plek in die uitspeelwedstryde van die Curriebeker-toernooi laat opvlam. In Bloemfontein het die Leeus ‘n 33-26 oorwinning oor die Cheetahs afgedwing.