Egipte kondig skietstilstand tussen Israel en Palestynse groep aan
Israel en die Palestinian Islamic Jihad-groep in Gaza het ingestem tot ‘n skietstilstand wat Saterdagaand in werking getree het. Dit dui die einde aan van die ergste oorgrens-aanvalle sedert ‘n tien dae lange oorlog in 2021. Egipte, wat die skietstilstand beredder het, het ‘n beroep gedoen dat die strydende groepe by die ooreenkoms moet hou. Die Al Qahera News-televisiestasie in Egipte het die skietstilstand aangekondig. Israel en die Palestinian Islamic Jihad-groep het ook albei die skietstilstand bevestig.