LPM betoog steeds buite Keetmanshoop-polisiestasie

Lede van die Landless Peoples’ Movement sit steeds hul betoging buite die Keetmanshoop-polisiestasie voort wat laasnag begin het. Hulle eis toegang om verkiesingsmateriaal wat na bewering sonder enige party-waarnemers hanteer is, te sien en te verifieer. Die LPM beskuldig die Verkiesingskommissie van Namibië ook dat hulle met behulp van die Namibiese polisie op Keetmanshoop 48 uur voor die tussenverkiesing verklarings aan 120 bykomende kiesers uitgereik onder die voorwendsel dat hulle hul kieserskaarte verloor het. Duplikaat stemkaarte is glo uitgereik aan kiesers om Maandag in die Keetmanshoop landelike kiesafdeling se tussenverkiesing te stem. Lede van die amptelike opposisie die Popular Democratic Movement het ook intussen by die betoging aangesluit.