Twitter stel mediavrou as nuwe hoof aan

Die eienaar van Twitter, Elon Musk, het ‘n voormalige advertensiehoof van NBC Universal, Linda Yaccarino, aangestel as die nuwe bestuurshoof van Twitter. Musk het die sosiale media maatskappy sowat ses maande gelede gekoop en was tot dusver aan die stuur van Twitter-bedrywighede. In die tyd is sowat ‘n driekwart van die personeel afgedank, en het Twitter se advertensie-inkomste beduidend gedaal. Yaccarino is reeds meer as ‘n dekade ‘n bekende naam in die mediabedryf