VSA-ambassadeur in SA erken glo hy het sy grense oorskry

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het in ‘n vergadering met die departement erken dat hy sy grense oorskry het. Brigety is deur ‘n démarche, oftewel diplomatieke waarskuwing ontbied om sy uitlatings te verduidelik. Die ambassadeur het beweer dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het toe die skip, die Lady R, in Desember in Simonstad anker gegooi het nie. Volgens die departement, het Brigety onvoorwaardelik verskoning gevra.