Rugby: Blitsbokke slaan terug in Toulouse
Rugby: Nadat hulle in hulle openings-Sewes-wedstryd in Toulouse, Frankryk met 31-7 teen die tuisspan verloor het, het die Blitsbokke teruggeslaan en Fidji in hulle tweede groepwedstryd met 24-7 geklop. Die Springbokke het in hul eerste wedstryd vyf drieë afgestaan, maar in hul laaste wedstryd van die dag het hulle in gietende reën ‘n goeie oorwinning oor Fidji behaal. Die Blitsbokke het vier drieë gedruk teenoor net een deur die eilandbewoners.