Verdere inkrimping van konstruksiebedryf verwag

Gegrond op die huidige repokoers van 7,25 persent en prima koers van 11 persent in Namibië, word verwag dat verhoogde lewenskoste op verbruikersvraag sal weeg en dus kan bekostigbaarheid vir nuwe lenings vir geboue verswak, wat lei tot ‘n verdere inkrimping van die konstruksiebedryf. Die Bank van Namibië is geskeduleer om op 14 Junie byeen te kom, en ‘n 25-basispunt-rentekoersverhoging word volgens Simonis Storm verwag. Dit sal die repokoers tot 7,5 persent en die primakoers tot 11,25 persent verhoog. Gevolglik sal die gemiddelde huislenings-rentekoers tot sowat 12,25 persent – prima plus een – styg. Na die pandemie het korporatiewe verband-lenings afgeneem terwyl huishoudelike verband-lenings geleidelik herstel het.